Sunday, July 31, 2011

Account Troubles Solved

All of our troubles with the Payment methods have been solved... Feel free to deposit millions... :-) Hehehe.

Sunday, July 24, 2011

Expat Competition.

I just spoke to my boss.

Good news. To get a bit of competition going we are offering a prize to a lucky expat who contributes to the production of this film.

The prize consists of a ticket to the premiere of the film, as well as another (as yet undisclosed) prize of unknown origin and description...

Come on expats! Lets show them what you've got!

Update on the Update...

Ek wonder hoekom dit so moeilik is vir Suid Afrikaners om die geld wat dit kos om 'n bottel Klippies en 'n twee liter Coke te koop by te dra vir hierdie projek?

Ek het vandag 'n comment gekry van 'n persoon wat in Amerika bly wat vir ons geld belowe... Ek bring dit hier aan vir julle om te sien.

"Hi to all the people there in S.A!

I don't know about you but I feel very strongly that this story should be told...

I am a South African expat living in Georgia in the U.S.

Well done to the ones from Europe who have contributed already.

Ek is trots op julle...

Julle kan maar weet my geldjies is oppad...

Baie sterkte en moenie opgee nie o.k!

July 24, 2011 7:11 AM"

As jy die kommentaar wil sien, gaan kyk na die comments by die post direk onder hierdie een wat getiteld is "Update".

Enough said...

Monday, July 18, 2011

Update...

With this, a very big thank you to our European benefactors who have already contributed to a story that is not even theirs...

Wednesday, July 13, 2011

Who are we?

From 1966 to 1989 an unknown war was fought far to the north of our beautiful country. It was fought by the sons of South African mothers and fathers, but the story has never truly been told...

Gaan gesels jy maar met enige outjie of meisiekind jonger as agt-en-twintig en die kans is baie goed dat hulle glad nie gaan weet waarvan jy praat as jy die grensoorlog noem nie. Wat nog van die feit dat die oorlog vir drie-en-twintig jaar gewoed het? Noem vir hulle dat in daardie tyd daar vier-honderd-en-dertig-duisend jong manne verpligte militêre diens gedoen het en hulle kyk jou met glasige ogies aan asof jy van die maan af gevlieg het met Liewe Hêksie se besem.

The point is that, without any agendas, we are people who want to tell your story. We want other people to know about what happened to you over there. We want to know why some of you get tears in your eyes when the subject of the 'grensoorlog' pops up in conversation. We want your stories, your thoughts, your lives. We want your hearts and minds concerning this thing. We want it, firstly, because we are so very interested to know the people that fought for us. We want to know what you look like, what you do for a living, and if you are still alive...

Secondly we want to collect your personal information and set up a full database where you can get back in touch with your long-lost troepie brother.

Derdens gaan dit hieroor: Ons wil julle storie vertel. Ons is mense wat ander mense soos julle ken. Ons ken mense wat dáár was. Ons het al, en luister nogsteeds, na julle stories. Dit gryp ons aan. Dit bring hunkerings en smagtings na nog informasie, nog meer legendes; sodat ons ons projek verder kan vat. Sodat ons ons projek kan opbou van die grond af in eerlikheid en opregtheid omdat ons dit aan die manne wat daar was, en die manne wat nie teruggekom het nie, verskuldig is.

We are starting this research movement in order to cut between the muscle and the bone. We want to tell a very personal story; that is why we need your personal stories. We want to get emotional about it with you and we want to remember with you. In the end we want to give you something that you can give your children and which can be given, in turn, to your grandchildren; so that maybe, just maybe, the ones who are still there will not be forgotten.

Skryf asseblief julle stories, lank of kort, snaaks of grusaam, op hierdie blog, in die "comments" boksie. Ons stel veral belang in die verhale rondom familie verhoudings onder die wolk van die oorlog gebeurtenisse, asook enige militêre episodes wat vir jou, persoonlik aangetas het. Ons stel ook verskrilik baie belang in jou her-integrasie met die samelewing na jou diensplig. As jy dit nie publiek wil stuur nie stuur dit na my eposadres wat onderaan die bladsy aangebring is.

Ons gaan aandagtig al die stories lees en hulle dan beoordeel. Ons beoordeling gaan geensins volgens inhoud wees nie maar wel volgens styl, prosa endiesmeer. Die inhoud van al die stories is vir ons ewe belangrik. Al die skrywers van die bes geskryfde stories sal dan genader word om sodoende film-onderhoude op te neem wat in dokumentêr-vorm deel van ons finale produk sal uitmaak.

So please remember to furnish us with your personal contact details, such as your name, email address and cellphone number when you post your story. This is of critical importance.

Veterane Navorsings Fonds

Tans is dit bykans onmoontlik om bevondsing vir 'n projek van hierdie aard te verkry...

K.R.O. Pictures beskik oor afsonderlike bank fasiliteite wat deur 'n onafhankilke ouditeur (Merwitz & Malan van Waterkloof, Pretoria, 012 346 3044) oorsien word. Hierdie besonderhede word aan die bo-linkse kant van hierdie bladsy aangebring ter geleentheid van u finansiële bydraë, wat ons baie dringend benodig, selfs al is dit net 'n honderd Rand...

Ons stig hiermee die K.R.O. Pictures '40 Days' navorsings fonds. Hierdie fonds staan homself ten doel om verdere bevondsing op internasionale vlak te bekom ten einde die vervaardiging en verspreidings potensiaal van die eindproduk drasties te vergroot. Dit sal ook funksioneer as platform vir die effektiewe en akurate navorsing wat uiters noodsaaklik is vir hierdie projek.

Sluit by ons aan op hierdie, heeltemal-te-lank-uitgestelde ontdekkingstog. Ons dink dit is die moeite werd...