'n Projek vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners, met die hulp van passievolle Suid-Afrikaners...
Monday, August 8, 2011
Mystery Canadian...
To the mysterious person from Canada who donated to us so generously... Please send us your name and other details so that we can mention you on our website and in the movie credits. Please email me (Ockie) or just leave a comment on the blog. Even if you wish to remain anonymous... Let us know... Thank you. We appreciate your contribution very, very much...
Hoe ek hieroor voel...
Hi, my naam is Ockie Coetzer vir enigeen wat nie weet wie ek is nie...
Ek werk saam met Belinda van Heerden aan 40 DAYS. Hierdie projek is haar 'baba'. Ek is 'n opgeleide akteur en het ook ondervinding as produksie bestuurder. By hierdie projek is ek in altwee hierdie hoedanighede betrokke.
So bietjie van my geskiedenis: Direk na matriek, in 1997 is ek weermag toe en het op Voortrekkerhoogte by die S.A.G.D. Akademie my militêre, asook O.N.O. en Offisier opleiding ontvang.
Die militêre lewe was vir my heel aangenaam en ek het die struktuur verskriklik geniet. Die grootste rede hiervoor is dat ek van kleins af al aan kliniese depressie ly (ongelukkig is ek eers in 2010 daarmee gediagnoseer) en die streng roetine het nie toegelaat dat ek in melankolie verval nie. Die fiksheid en konstante dissipline was ook nodig vir my sielkiundige gesondheid.
Daar was wel ander aspekte van die opleiding wat my semi-permanente skade aangedoen het. As deel van ons teen-insurgensie opleiding is ons totaal afgebreek en weer opgebou as 'n klomp aggressiewe dônners. Dit als onder die vaandel van spanwerk maar met die proviso dat jy skuldig moet voel as jy dalk nie die fisiese vlakke van jou spanmaats kan bereik nie. As jy een van die ongelukkiges is wat nie so sterk of vinnig soos jou maters was nie (al was jy net so fiks soos hulle) moes hulle jou op 'n bed of draagbaar dra sodat jy kon skuldig voel; so asof dit jou volgende keer gaan laat beter presteer...
Dinge soos dié bly my steeds vandag by. Ek het 'powerlifting' gedoen op skool en die eerste keer met 'n bos fase wat ek, om my maats te help, 'n teerpaal alleen opgetel en met hom gehardloop het, het ek letterlik 'n lat vir my eie gat gepluk. Van toe af was ek in die instrukteurs se oë 'n een-man-magger span en daar was van my verwag om konstant meer as my porsie te doen. As ek nie het nie het ek 'onderpresteer' volgens hulle, maak nie saak hoe dit my laat voel het nie. Die ergste dele van my opleiding was die sielkundige moeghied.
Alhoewel ek vir drie jaar in die weermag gedien het het ek het nooit self aksie gesien nie, maar die sielkundige knoue a.g.v. sekere aspekte van die opleiding pla my vandag nogsteeds.
Ek wil nie weet met watse probleme die ouens sit wat ware recces was of wat kontak beleef het op die grens nie... Julle opleiding was erger as myne, en julle het regte aksie gesien...
Wat het julle hieroor te sê?
Net soos ons elkeen 'n individu is het ons elkeen byvoorbeeld die opleiding op 'n heel ander wyse ervaar. Dinge waarvan ek gehoor het wat my hare laat rys het was byvoorbeeld van die praktyke wat die instrukteurs in die pantser opleidings kadre gehandhaaf het... Ek kan ongelukkig nie persoonlik daaroor skryf nie. So ons wag om van julle ouens wat weet te hoor...
Kommentaar gerus in die boksie hieronder...

Thursday, August 4, 2011
Wednesday, August 3, 2011
1000 Visitors...!!!
Hiermee 'n feesviering! Ons het nounet ons 1000ste besoeker aan die 40 Days webblad gehad! En dit in 23 dae! Aan almal wat gekyk en aangestuur het wil ons baie dankie sê. Ons waardeer dit verskriklik baie...
Sunday, July 31, 2011
Account Troubles Solved
All of our troubles with the Payment methods have been solved... Feel free to deposit millions... :-) Hehehe.
Sunday, July 24, 2011
Expat Competition.
I just spoke to my boss.
Good news. To get a bit of competition going we are offering a prize to a lucky expat who contributes to the production of this film.
The prize consists of a ticket to the premiere of the film, as well as another (as yet undisclosed) prize of unknown origin and description...
Come on expats! Lets show them what you've got!

Update on the Update...
Ek wonder hoekom dit so moeilik is vir Suid Afrikaners om die geld wat dit kos om 'n bottel Klippies en 'n twee liter Coke te koop by te dra vir hierdie projek?
Ek het vandag 'n comment gekry van 'n persoon wat in Amerika bly wat vir ons geld belowe... Ek bring dit hier aan vir julle om te sien.
"Hi to all the people there in S.A!
I don't know about you but I feel very strongly that this story should be told...
I am a South African expat living in Georgia in the U.S.
Well done to the ones from Europe who have contributed already.
Ek is trots op julle...
Julle kan maar weet my geldjies is oppad...
Baie sterkte en moenie opgee nie o.k!
July 24, 2011 7:11 AM"
As jy die kommentaar wil sien, gaan kyk na die comments by die post direk onder hierdie een wat getiteld is "Update".
Enough said...

Subscribe to:
Posts (Atom)